Quantcast
Channel: Kos | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085

[Resep] Boereworskebabs

$
0
0
Foto: Kook saam Kaaps

Foto: Kook saam Kaaps

Benader tradisionele boerewors vanuit ‘n heel ander hoek met hierdie kebabs.

Lewer 8 porsies

Bestanddele:

  • 8 sosatiestokkies
  • 500 g klaargemaakte brooddeeg
  • 500 g dun boerewors
  • 1 eier, geklits

Metode:

  1. Week die sosatiestokkies vooraf in water.
  2. Voorverhit die oond tot 180ᵒ C en spuit ʼn bakplaat met kossproei.
  3. Vorm die deeg in ʼn bal, smeer met olie en plaas in ʼn mengbak. Bedek die bak met kleefplastiek en laat die deeg vir 20-30 minute op ʼn warm plek rus totdat dit verdubbel in grootte.
  4. Sny die boerewors in 10-12 cm lengtes en stoom dit vir ʼn paar minute sonder om die wors deurgaar te maak.
  5. Laat die worslengtes effens afkoel en ryg dit versigtig op die geweekte sosatiestokkies.
  6. Knie die deeg af en vorm ʼn reghoek op ʼn meelbestrooide oppervlak.
  7. Sny die deeg in lang repe.
  8. Vou ʼn deegreep om elke lengte boerewors en druk dit effens vas om te verhoed dat dit loskom.
  9. Rangskik die kebabs op die voorbereide bakplaat en verf van die geklitste eier oor elkeen.
  10. Bak die kebabs vir ongeveer 30 minute tot goud-bruin en gaar.

Bron: Kook saam Kaaps
UItgewer: Lapa


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085