Quantcast
Channel: Kos | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085

[Resep] Roombroodbolletjies

$
0
0
Foto: Kook saam Kaaps

Foto: Kook saam Kaaps

Bedien warm saam met botter of selfs nóg kaas!

Maak: 8 porsies

Bestanddele:

  • 1 kg klaargemaakte brooddeeg
  • 1 pakkie Potato Bake (ʼn geur van jou keuse)
  • 375 ml melk
  • 250 ml room
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 250 g Cheddarkaas, gerasper

Metode:

Verhit oond tot 180ᵒ C en smeer ʼn oondpan.

  1. Vorm bolletjies met die brooddeeg en hou eenkant.
  2. Meng die melk, room en fyngekapte knoffel.
  3. Meng die Potato Bake met die melkmengsel en giet die helfte van die mengsel in die voorbereide oondpan.
  4. Pak die deegbolletjies in die oondpan en giet die oorblywende melkmengsel oor.
  5. Strooi die gerasperde kaas oor en laat dit ongeveer 30 minute rus sodat die deeg kan rys.
  6. Bak vir ongeveer 45 minute tot gaar.

Bron: Kook saam Kaaps
Uitgewer: Lapa


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085