Quantcast
Channel: Kos | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085

[Resep]  Salm-en-komkommervorm

$
0
0
Foto: Lekker en Gesond -  Goeie vet

Salm-en-komkommervorm. Foto: Lekker en Gesond – Goeie vet

Jou gaste sal baie beïndruk wees as jy hierdie vormpies voorsit …

Lewer 6 porsies

Bestanddele:

  • 5 ml hoenderaftrekselpoeier
  • 125 ml kookwater
  • 15 ml gelatienpoeier, geweek in 50 ml koue water
  • ± ½ Engelse komkommer – ongeskil, fyngerasper (150 g)
  • 10 ml gerasperde ui
  • 1 ml fyngerasperde lemmetjie- of suurlemoenskil
  • 15 ml vars suurlemoensap
  • 217 g-blik soliedverpakte pienk salm, fyngemaak
  • 25 ml tamatiepuree
  • 25 ml lae-olieslaaisous
  • 75 ml ongegeurde laevetjogurt
  • 125 ml laevetmaaskaas
  • 1,25-2,5 ml sout, opsioneel
  • paar druppels Tabascosous, opsioneel
  • varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode:

  1. Los die aftrekselpoeier in die kookwater op en roer dit by die geweekte gelatien totdat dit gesmelt en helder is. Laat dit afkoel.
  2. Dreineer die komkommer in ’n sif, druk enige oortollige water uit en plaas dit in ’n mengbak.
  3. Voeg die afgekoelde gelatien, ui, skil, sap, salm, tamatiepuree, slaaisous, jogurt en maaskaas by die komkommer. Meng en geur na smaak met sout, Tabascosous en swartpeper. Verkoel die mengsel vir 30 minute totdat dit begin verdik.
  4. Roer die mengsel en skep dit in ’n 1 liter-glasbak of verdeel dit tussen ses vormpies en verkoel totdat dit heeltemal gestol is.
  5. Sit dit voor met volgraankraakbeskuitjies, bros slaaiblare en kersietamaties.

Bron: Lekker en Gesond – Goeie Vet
Uitgewer: Lapa


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085