Quantcast
Channel: Kos | Maroela Media
Viewing all 2085 articles
Browse latest View live

[Resep] Varkroerbraai met soetsuursous

$
0
0

Varkroerbraai met soetsuursous (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Dis propvol kleure en geure. Dis nie net mooi nie, maar gesond ook!

Maak 4 porsies

Bestanddele:

  • bietjie olie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2,5 ml (1/2 t) gekapte vars knoffel
  • 600g varktjops
  • sout en varsgemaalde swart peper
  • 1 rooi soetrissie, in repies gesny
  • 1 geel soetrissie, in repies gesny
  • klompie suikerertjies. skuins gesny
  • 10 ml (2 t) sojasous
  • 125 ml (1/2 k) gekoopte soetsuur sous
  • 30 ml (2 e) boontjiespruite
  • 3 grasuie, gekap
  • 15 ml (1 e) sesamsaad

Metode:

  1. Verhit olie en soteer ui en knoffel daarin tot Skep uit.
  2. Sny vleis van bene af en verwyder enige vet. Sny vleis in repies.
  3. Voeg nog bietjie olie in braaipan en braai vleis tot goudbruin en gaar. Geur met sout en peper na smaak.
  4. Skep uimengsel terug in pan en voeg soetrissies en ertjies Soteer vinnig vir 5 minute.
  5. Voeg soja- en soetsuur sous by en roer deur.
  6. Verwyder van hitte. Voeg boontjiespruite, grasuie en sesamsaad by.
  7. Bedien roerbraai met rys.

Bron: Vinnig & Maklik: Resepte uit Vrouekeur 3

UitgewerLapa

 


[Resep] Botterskorsie-&-blomkoolkoekies

$
0
0

Botterskorsie-en-blomkoolkoekies (Foto: Verskaf)

’n Blink idee met ’n bygereg kan ver strek – selfs tot in ’n kosblik. Soms is ’n lekker interessante bygereg net die manier om ’n aandete so ʼn bietjie nuwe woema te gee.

Hierdie resep is ’n kombinasie tussen ’n variasie op kapokaartappels en pampoenkoekies. Kapokaartappels word beslis nie meer net met aartappels gemaak nie. Het jy al patats of botterskorsie probeer? Net so hoef pampoenkoekies nie net met fyngedrukte pampoen gemaak te word nie. My gesin is dol oor pampoenkoekies wat met botterskorsie gemaak word, want dis dikwels soeter en minder waterig.

Probeer gerus ’n kapok wat met botterskorsie en blomkool gemaak is en as jy sommer uit die staanspoor genoeg groente vir kapok met aandete maak, is dit vinnig om die plaatkoekies te braai. Al wat jy nog nodig het, is ’n bietjie volkoringmeel, bakpoeier en eiers en geurmiddels. Jy kan selfs van die begin af die botterskorsie-en-blomkoolkoekies as bygereg maak, want jou gesin gaan dit beslis geniet. Gebruik verskillende geurmiddels met die twee soorte groentes. Vars kruie, neutmuskaat, gemengde speserye, kaneel en selfs paprika sal werk.

Resep aangepas uit Cooking from the heart 3

Lewer 12 – 15 koekies

Bestanddele:

  • 400 g botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
  • 200 g blomkool, in klein blommetjies gesny
  • 2,5 ml (½ t) sout
  • 2 takkies vars tiemie
  • 250 ml (1 k) steengemaalde volkoringmeel
  • 5 ml (1 t) bakpoeier
  • knippie gemaalde neutmuskaat of gemaalde gemengde speserye
  • 2 ekstragroot Nulaid-eiers, geklits
  • 15 ml (1 e) gekapte vars tiemieblare
  • suurlemoensap en swartpeper na smaak
  • 10 ml (2 t) olyf- of avokado-olie, vir braai

Metode:

  1. Plaas botterskorsie, blomkool, sout en tiemietakkies in ’n kastrol met sowat 300 ml water. (’n AMC 20 cm Low werk goed). Bring oor matige hitte tot kookpunt, verlaag die hitte en prut vir 20 minute of tot die groente sag is.
  2. Dreineer deeglik. Plaas groente terug in die kastrol op die stoof oor matige hitte en laat vir ’n paar minute stoom om enige ekstra vloeistof uit te kook.
  3. Haal van die hitte af. Druk groente met ’n aartappeldrukker of vurk fyn. Laat ’n paar minute afkoel.
  4. Roer die droë bestanddele en eiers by die groente. Geur met tiemieblare, suurlemoensap en peper. Roer tot ’n beslag vorm.
  5. Verhit ’n dun lagie van die olie oor matige hitte in ’n groot braaipan (soos ’n AMC 24 cm Chef’s Pan). Drup lepelsvol van die beslag in die pan en braai aan weerskante tot goudbruin en gaar. Dreineer op kombuispapier. Herhaal met orige olie en beslag.
  6. Sit warm voor as bygereg of pak in ’n kosblik en geniet teen kamertemperatuur.

Kyk elke Maandagoggend saam na #Kosblik, op Die Groot Ontbyt, kykNET-kanaal 144, vir nog heerlike resepte uit Heleen se kombuis. As jy dit gemis het, kan jy dit op haar nuwe webwerf kry, www.heleenmeyer.co.za of volg haar op Facebook www.facebook.com/HeleenMeyerFood om die insetsel weer te kyk asook vir nog wenke en resepte om gesond en lekker te eet.

[Resep] Rooibos-en muesli-beskuit

$
0
0

Rooibos-en mueslibeskuit (Foto: Lapa-uitgewers)

Rooibostee maak hierdie beskuit ég Suid-Afrikaans!

Lewer ongeveer 56 stukke beskuit

Bestanddele:

  • 2 sakkies rooibostee
  • 750 ml kookwater
  • 400 g margarien of botter
  • 300 g (375 ml) sagte bruinsuiker
  • 2 eiers
  • 175 ml ongegeurde jogurt
  • 1 kg (± 7¼ x 250 ml) bruismeel
  • 560 g (4 x 250 ml) muesli
  • 300 g (500 ml) volkoringmeel
  • 20 ml bakpoeier
  • 2,5 ml sout
  • 150 g (250 ml) sultanas

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer drie broodpanne van 280 x 100 x 70 mm goed,
  2. Week die rooibosteesakkies in die kookwater.
  3. Room die margarien of botter en suiker tot lig. Voeg die eiers en jogurt by en meng.
  4. Voeg die res van die bestanddele om die beurt met die rooibostee by. Meng tot ʼn stewige deeg. Dis nie nodig om al die tee te gebruik nie.
  5. Vorm gholfbalgrootte bolletjies en plaas dit teen mekaar in die gesmeerde panne. Bak dit omtrent 45 minute of tot gaar.
  6. Laat afkoel en breek die bolletjies los van mekaar. Plaas dit effens uitmekaar op ongesmeerde bakplate en droog uit by 100 °C.

 

Bron200 beskuit- en biscotti-resepte

UitgewerLapa

[Resep] Mikrogolf-aarbeikonfyt

$
0
0

(Foto: Lapa-uitgewers)

Hierdie konfyt is só maklik, jy kan dit sommer vinnig na werk doen!

Lewer ± 400 g

Bestanddele:

  • 500 g aarbeie, gewas, stingels en blare verwyder
  • 20 ml suurlemoensap
  • 300 g suiker

Metode:

  1. Meng die aarbeie en suurlemoensap in ʼn groot mikrogolfbestande bak, bedek en mikrogolf dit 5 minute teen 100%-krag.
  2. Roer die suiker by en mikrogolf onbedek vir 18-20 minute teen 100%-krag. Roer dit elke 5 minute.
  3. Toets vir stolpunt, roer goed en laat vir 5 minute staan.
  4. Roer weer deur sodat die vrugte egalig versprei.
  5. Skep in gesteriliseerde bottels en verseël.

[Resep] Souserige sjokoladepoeding

$
0
0

Souserige-sjokoladepoeding (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Bederfie vir die naweek.

Genoeg vir 4

Bestanddele:

  • 1 k (140 g) bruismeel
  • 2 e (30 ml) kakao
  • ½ k (100 g) bruinsuiker
  • ⅓ k (80 g) Clover Mooi River-botter, gesmelt
  • ½ k (125 ml) Clover-volroommelk
  • 1 eier, geklits
  • 1 t (5 ml) vanieljegeursel

Sous

  • 3 e (45 ml) kakao, gesif
  • ¾ k (150 g) bruinsuiker
  • 1¼ k (315 ml) kookwater

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondvaste bak. Sif die meel en kakao in ’n groot mengbak en roer die suiker by.
  2. Klits die botter, melk, eier en vanieljegeursel saam en giet stadig by die meelmengsel. Klits met ’n elektriese handmenger tot glad.
  3. Giet die beslag in die bak en maak met die agterkant van ’n lepel gelyk.
  4. Sif kakao oor die beslag en strooi die bruinsuiker oor.
  5. Giet die kookwater oor die agterkant van ’n groot lepel oor die beslag sodat alles bedek is.
  6. Bak 35 tot 40 minute tot deurgaar.

 

BronTrooskos

UitgewerLapa

[Resep] Ouma Bekkie se ‘bacon-pie’

$
0
0

Ouma Bekkie se bacon-pie (Foto: Verskaf)

“Hierdie resep is jare terug uit halwe armoede gebore. Dit was al bestanddele wat my ma op daardie oomblik in die huis gehad het. Ons het op die myn buite Orkney gebly en my ma het toe nog nie ’n bestuurderslisensie gehad nie. Van toe af is dit ’n gunsteling in die hele familie.” Só skryf Maroela-leser Denise Lodder.

Bestanddele:

  • 1 pak (500 g) macaroni
  • 2 pakke (250 g elk) spek
  • 3 tamaties, dun gesny
  • 250 g Cheddarkaas, gerasper
  • 2 uie, gekap
  • Sout
  • 7 eiers, geklits

Metode:

  1. Braai spek en uie saam, en kook macaroni apart.
  2. Meng die macaroni en spekgebraai en gooi die helfte in ʼn oondbak.
  3. Pak ʼn laag tamaties dun bo-op die spek-en-macaroni-mengsel.
  4. Gooi die res van die macaroni-mengsel in die bak en pak weer ’n laag tamatieskyfies bo-op.
  5. Strooi kaas lekker dik bo-op en gooi eiermengsel oor.
  6. Bak in oond by 180 °C totdat die eier gestol het.
  7. Verwyder uit oond en bedien met lekker slaai van jou keuse. Geniet dit!

Variasie: Indien jy nie hou van eiers nie, kan lekker witsous of speksous bo-oor gegooi word.

 

Stuur vir ons jóú familieresep hier.

[Foto’s] Kos, kuns en kultuur kom hiér byeen

$
0
0

Anine Killian geniet ʼn wynproesessie. Foto: Phillip Bruwer

Deur Phillip Bruwer

ʼn Weggesteekte teetuinjuweel en trouplek in Pretoria verander een keer ʼn maand in ʼn makietieplek vol kos, kultuur, kuns en heerlike geselskap.

Duck & Dine in Akasia in die noorde van die stad het sowat 20 jaar gelede sy deure oopgemaak onder aanvoering van die egpaar Rici en Stephen Allison. Stephen is ʼn welbekende oogarts en oogkundedosent en Rici ʼn kranige kunstenares. Hul gasvryheid en liefde vir mense het hul kleinhoewe in ʼn hemelse trouplek omskep waar talle mense al ewige trou aan mekaar gesweer het.

Intussen het hulle uitgebrei en die Hoity Toity-teetuin op die perseel oopgemaak wat die eerste Sondag van elke maand ʼn heerlike driegang-buffet vir inwoners voorsit uit die kombuis van sjef Marius Hammond.

In Junie het die Allisons begin om kultuurtema-aande een keer ʼn maand op Vrydae aan te bied waar gaste die geleentheid kry om volgens die tema aan te trek, spesiale disse eie aan dié spesifieke kultuur te geniet, saam met tonne vermaak wat daarmee gepaardgaan. Rici stal ook haar eie kunswerk daar uit wat die tema aanvul, terwyl wynliefhebbers ʼn wynproesessie kan geniet.

Maroela Media is onlangs genooi om die tweede tema-aand by te woon, waar die Afrika-kultuur met trots verteenwoordig is. Die voorgereg was heerlike biltongsop wat in ʼn kraakvars broodrolletjie opgedien is.

Vir hoofgereg is ons met bobotie, hoenderpotjiekos en bykosse soos stampmielies bederf. Vir die soettande is die driegang afgerond met nostalgiese malvapoeding.

As deel van die ervaring is mampoer vrylik uitgedeel en kon gaste deelneem aan ʼn bokdrolletjiespoeg- kompetisie en dansvermaak, gelei deur die Allisons se dogter, Angelique Allison, en haar dansmaat, Ryan Hammond, wenner van die vyfde seisoen van Strictly Come Dancing.

Die volgende tema-aand op 1 September het ʼn Spaanse tema, aangesien Allison en Ryan die huidige kampioene van die Spaanse dansstyl is en binnekort Suid-Afrika by ʼn internasionale glanskompetisie gaan verteenwoordig.

Besprekings is noodsaaklik. E-pos admin@duckdine.co.za of skakel 082 895 0561.

Klik hier vir sjef Marius Hammond se watertandlekker biltongsop-resep.

[Resep] Biltongsop in ʼn broodrolletjie

$
0
0

Sjef Marius Hammond se biltongsop. Foto: Phillip Bruwer

Daar is geen beter trooskos om die winterkoue te verdryf as lekker sop nie; nóg beter en trots-Suid-Afrikaans is biltongsop; nóg beter – sit voor binne-in ʼn kraakvars broodrolletjie. Dié resep is van sjef Marius Hammond wat al jare lank die mae vol hou by Duck & Dine in Akasia in die noorde van Pretoria.

Bestanddele

  • 250 g botter
  • 1 t fyngedrukte knoffel
  • gedroogde pietersielie
  • +/- ½ k koekmeel
  • 1 liter melk
  • 250 ml vars room
  • sout en peper na smaak
  • +/- 250 ml biltongpoeier
  • 1 k gerasperde cheddarkaas

Metode

  1. Smelt die botter in ʼn kastrol en voeg knoffel en pietersielie by. Voeg die meel stadig by en roer gedurig met ʼn draadklopper om klonte te verhoed. Voeg die meel by totdat dit ʼn puree vorm.
  2. Voeg die melk bietjie vir bietjie by en roer teen ʼn goeie spoed tot die mengsel dik en romerig is. Voeg sout en peper na smaak by.
  3. Verlaag die hitte en hou aan roer vir sowat 10 minute. Maak seker daar is geen klonte in die mengsel nie. Voeg die room en biltong by en en maak deurwarm. Gooi kaas by en hou aan roer.
  4. Sny die bokant van ʼn kraakvars broodrolletjie oop, hol dit uit en skep die sop met ʼn lepel in die holte. Sit dadelik voor.

Bron: Marius Hammond, sjef by Duck & Dine

 


[Resep] Maalvleis-en-eierbakkies

$
0
0

Foto: Verskaf

Dié maalvleisbakkies is iets waarvoor my kinders baie lief is. Dis ’n basiese Italiaanse maalvleismengsel wat met geklitste eier gemeng en in kleiner porsies gebak word. Ek maak sommer ’n groot mengsel van die maalvleis en gebruik dit vir aandete. Terwyl ons aan tafel is, bak ’n ander gedeelte as dié bakkies vir kosblikke en die res van die maalvleis vries ek vir ’n volgende ete – sommer ’n paar goed in een skoot uitgesorteer.

In die winter is mens nie altyd lus vir ’n slaai nie, maar om seker te maak dat daar steeds genoeg vars produkte deel is in die week se etes, is ’n eenvoudige kombinasie van seisoenale bestanddele perfek. Probeer gerus hierdie verfrissende winterslaai met appel, komkommer, fetakaas en kruisement. Koljanderblare is ook nou beskikbaar en heerlik saam met appel. Selfs avokado kan deel wees van hierdie slaai.

Resep aangepas uit Cooking from the Heart 1

Lewer 20 – 24 bakkies

Bestanddele:

  • 15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie
  • 500 g maer maalvleis
  • 1 ui, gekap
  • 1 selderystingel met die blare, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekneus
  • 2 wortels, gerasper
  • 10 ml (2 t) elk gedroogde tiemie en gemengde kruie
  • 1 x 410 g-blik gekapte tamaties
  • 15 ml (1 e) tamatiepasta
  • 2,5 ml (½ t) sout
  • suurlemoensap en swartpeper na smaak
  • 6 of 7 Nulaid jumbo-eiers, geklits

Metode:

  1. Verhit helfte van die olie in ’n groot braaipan (’n AMC 28 Chef’s Pan werk goed) en braai maalvleis tot verbruin. Skep uit en hou eenkant.
  2. Verhit die orige olie in dieselde pan en braai ui, seldery en knoffel vir ’n paar minute.
  3. Roer wortels, kruie, tamaties, tamatiepasta en sout met die maalvleis by. Verlaag die hitte, plaas die deksel op en prut vir 30-45 minute tot die maalvleismengsel gaar is. Die sous behoort ook te begin verdik want die mengsel moenie te waterig wees nie.
  4. Geur na smaak met suurlemoensap en peper. Laat heeltemal afkoel.
  5. Voorverhit oond tot 180 °C en smeer twee muffinpanne liggies met olie.
  6. Roer eiers baie goed deur die maalvleismengsel en skep in muffinpanne. Bak 20-25 minute of tot gaar en gestol.
  7. Laat ’n paar minute afkoel en skep versigtig uit. Laat afkoel en hou in die yskas tot dit in die kosblikke gepak gaan word.

Wenk

  1. As jy nie jumbo-eiers het nie, kan enige ander grootte werk, pas net die aantal eiers dienooreenkomstig aan. Gebruik bv 7 ektra-groot of 8 groot eiers.

 

Pink Lady®-appelslaai met komkommer en feta

Lewer 4 porsies

Bestanddele:

  • ¼-½ komkommer, in blokkies gesny
  • 1 skyf fetakaas, in blokkies gesny
  • 2-3 Pink Lady®-appels met die skil, in blokkies gesny
  • ʼn groot handvol geroosterde sonneblomsaad
  • handvol kruisementblare
  • olyfolie om oor te giet

Metode:

  • Meng al die bestanddele saam en skink ’n bietjie olyfolie oor.
  • Sit voor as ’n bygereg of pak ’n porsie in ’n kosblik.

Kyk Maandae oggende na #Kosblik op Die Groot Ontbyt, kykNet kanaal 144 vir nog lekker maklike en gesonde resepte. Volg Heleen op Facebook www.facebook.com/HeleenMeyerFood om die skakel na elke week se resepte te kry en besoek gerus haar splinternuwe webwerf, www.heleenmeyer.co.za vir nog smullekker idees. Haar resepteboek, Maak vyf is ook in Maroela se e-winkel https://maroelawinkel.co.za/ beskikbaar.

[Resep] Korslose souttert

$
0
0

Korslose souttert (Foto: Lapa-uitgewers)

Vinnig en met min skottelgoed!

Bestanddele

  • 45 ml botter
  • 45 ml koekmeel
  • 30 ml mielieblom
  • 500 ml melk
  • 4 groot eiers, geklits
  • 500 ml gerasperde kaas
  • 45 ml gerasperde ui
  • 2 x 300 g (2 blikkies) soutvleis, fyngemaak
  • 10 ml mosterdpoeier
  • sout, peper, paprika en pietersielie
  • 150 g tamatiesousgeur
  • aartappelskyfies, fyngemaak

Metode

  1. Smelt die botter en roer die meel en mielieblom by. Roer die melk geleidelik by en prut tot die sous verdik.
  2. Voeg die eiers, kaas, ui, vleis en geurmiddels by.
  3. Strooi ʼn laag fyngedrukte aartappelskyfies in die tertbak en skep ʼn laag vleismengsel oor. Herhaal die lae met die res van die bestanddele.
  4. Bak die tert ʼn halfuur lank teen 180 °C (tot goudbruin).

Bron50 Boerekos-geregte

UitgewerLapa

[Video] Hap saam met Lochner: Aarbei-en avokadogereg

$
0
0

Lochner de Kock (skermskoot uit die video)

Dit is nie aldag dat jy ʼn gereg as voorgereg óf nagereg kan gebruik nie. Hierdie een wys jou hoe!

Bestanddele:

  • 250 g aarbeie
  • 100 ml witwyn
  • 2 teelepels heuning
  • 50 ml room
  • swartpeper
  • 1 avokado

Metode:

  1. Verwyder aarbeie se steeltjies en druk die aarbeie met ʼn vurk fyner.
  2. Gooi witwyn, heuning, room en swartpeper oor die gedrukte aarbeie.
  3. Skil avokado en sny halwe avokadopeer in waaier-vorm. Gooi swartpeper bo-oor.
  4. Gooi arbeimengsel bo-oor avokado.
  5. Sit voor en geniet as voorgereg óf nagereg.

Sien gerus in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.

Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Sien al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. -Red

Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:

[This post contains video, click to play]

[Resep] Tamatieroomsop

$
0
0

Tamatieroomsop (Foto: Lapa-uitgewers)

Tamatie en room is die perfekte kombinasie om die naweekkos ékstra lekker te maak!

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • klont botter
  • 1 ui, gekap
  • 2 selderystingels, gekap
  • 2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
  • 410 g (1 blik) gekapte tamaties
  • 415 g (1 blik) tamatiesop
  • ½ beesvleisaftrekselblokkie
  • knippie kerriepoeier
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 250 ml (1 k) melk
  • 125 ml (½ k) room

Metode

  1. Smelt botter in kastrol en soteer ui, seldery en kruie daarin tot
  2. Roer oorblywende bestanddele, behalwe room, by en verhit tot kookpunt.
  3. Verlaag hitte en laat prut oor matige hitte vir 30
  4. Laat effens afkoel en verpulp bietjies-bietjies in voedselverwerker tot glad.
  5. Gooi sop terug in kastrol, roer room by en verhit tot kookpunt. Sit dadelik voor.

Bron: Maklik en Vinnig: Resepte uit vrouekeur 3

UitgewerLapa

[Resep] Jogurtbeskuit

$
0
0

Foto: Boerekos met ‘n twist (verskaf)

’n Gesonde happie saam met oggendtee voor werk en skool. Vir my kinders is dit ook ’n energiehappie vir die kosblik.

Lewer 50 stukke beskuit

Bestanddele:

  • 350 g (1 k) sagte bruinsuiker
  • 500 g (2 k) bakmargarien
  • 625 ml (2½ k) vetvrye jogurt
  • 4 ekstragroot eiers, geklits
  • 1 kg (7 k) Nutty Wheat
  • 5 ml (1 t) kremetart
  • 10 ml (2 t) koeksoda
  • 10 ml (2 t) bakpoeier
  • 5 ml (1 t) sout
  • 30 g (1 k) semels
  • 80 g (1 k) hawermout
  • 80 g (1 k) fyn klapper
  • 150 g (1 k) papawersaad
  • 100 g (1 k) pekanneute, gekap
  • 150 g (1 k) sesamsaad

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 ºC en smeer ’n beskuitpan van 35 cm x 45 cm
  2. Smelt die bruinsuiker en botter saam en plaas eenkant om af te koel. Voeg dan die jogurt en eiers by.
  3. Meng al die droë bestanddele en roer goed deur. Maak ’n holte in die middel en voeg die jogurtmengsel by. Roer die mengsel met ’n houtlepel deur totdat die bestanddele goed gemeng is. Moenie die deeg oorwerk nie. Skep in die pan en sny vingers voordat dit gebak word.
  4. Bak die beskuit vir 35 minute totdat dit mooi goudbruin is. Laat die beskuit in die pan afkoel voordat dit opgesny word. Droog die beskuit vir 3 – 5 uur uit by 100 ºC; hou die oonddeur op ’n skrefie oop met ’n houtlepel.
  5. Laat die beskuitvingers goed afkoel voordat dit verpak word.

 

Uit: Boerekos met ʼn twist

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R330-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by 
Graffiti Boeke

[Resep] Groentekerrie met bone

$
0
0

Groentekerrie met bone (Foto: verskaf)

Maak dié groentekerrie met bone vir ’n heerlike winters-eenskottelgereg. Dit is so geurig en vullend dat jy nie eens die vleis sal mis nie, en ’n smaaklike manier om ’n vleislose aandete te berei. Die kerrie het heelwat groente in en saam met die bone, wat beide proteïene en stysel bevat, is daar genoeg stysel dat die ete sommer net so in ’n bakkie voorgesit kan word, sonder dat jy nog rys of aartappels ook moet gaarmaak. Sit hardgekookte eiers by as jy dit selfs nog meer voedsaam wil maak. Die blokkies appel hierin is baie lekker saam met die kerriegeure, so probeer dit gerus.

Resep aangepas uit Cooking from the Heart 1

Lewer 6 porsies

Bestanddele:

  • 15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie
  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 3 wortels, in blokkies gesny
  • 1-2 groen brandrissies, heel (opsioneel)
  • 3 kerrieblare (opsioneel)
  • 2,5 ml (½ t) borrie
  • 15 ml (1 e) kerriepoeier of na smaak
  • 5 ml (1 t) masala van jou keuse
  • 3 tamaties, in blokkies gesny
  • 2 Pink Lady®-appels met die skil, in blokkies gesny
  • 1 eiervrug, in blokkies gesny
  • 125 ml (½ k) water
  • 2,5 ml (½ t) sout
  • 125 ml (½ k) elk blomkoolblommetjies en groenboontjies
  • ¼ koolkop, in repies gesny
  • 250 ml (1 k) gaar bone of geblikte bone, gedreineer
  • suurlemoensap en swartpeper na smaak
  • 6-8 Nulaid-eiers, hardgekook om met die kerrie voor te sit

Metode:

  1. Verhit olie oor matige hitte in ’n groot kastrol (’n AMC 24 cm High sal goed werk) en braai die ui, knoffel, wortels, brandrissies, kerrieblare en speserye.
  2. Voeg tamaties by en prut vir ’n paar minute. Roer appels, eiervrug, water en sout by.
  3. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en prut met ’n deksel vir 15-20 minute.
  4. Roer blomkool, groenboontjies, kool en bone by en prut vir nog 15-20 minute of tot die eiervrug sag is. Geur met suurlemoensap en swartpeper.
  5. Sit as maaltyd voor of laat afkoel en pak in ’n kosblik met vars avokado-blokkies.

Hardgekookte eiers, in wiggies gesny, sal ook lekker saam met die kerriegeure wees. Roer dit by vir ’n aandete, of sit dit apart in ’n kosblik saam met die kerrie.

Wenke

  1. Vervang die geblikte droëbone met enige ander bone van jou keuse.
  2. Indien verkies, kan meer brandrissies of kerriepoeier bygevoeg word. Sit voor met gekapte vars koljanderblare.

Kyk elke Maandagoggend na #Kosblik op Die Groot Ontbyt of besoek Heleen Meyer se webwerf of Facebook-blad vir nog maklike en gesonde kosblik-idees.

 

[Resep] Romerige hoenderlewer met lemoensap

$
0
0

Foto: Pixabay.com

“Ek het een aand met hoenderlewer gesit en gewonder hoe ek dit ʼn bietjie anders kon voorsit vir vriende wat ʼn restaurant besit. Toe sien ek die lemoensap en room in die yskas. Ek het die gereg op pasta bedien. ʼn Klompie maande later was ek ʼn gas by hulle restaurant. Wat was my verbasing toe ek ‘Pasta Nicolaas’ te ete kry: My resep het groot aftrek gekry in die restaurant!” Só skryf Maroela Media-leser Nic Zwarts.

Bestanddele

Hoenderlewer:

  • 500 g skoon hoenderlewer
  • 250 ml vars lemoensap
  • speserye en kruie na smaak
  • sout en peper

Witsous:

  • 50-70 g botter of margarien
  • 80 g koringmeel
  • 300 ml vars melk
  • 250 ml vars room

Metode:

  1. Gaan die lewer na en verwyder die galblasies wat per ongeluk agtergebly het asook enige harde vliesies.
  2. Kook lewer gaar in lemoensap, kruie en speserye. Ek gebruik hoender-braaispesery, roosmaryn en kruinaeltjies. ʼn Knippie tiemie smaak ook goed.
  3. Maak die witsous soos jou ma (of pa) jou geleer het. Jy kan meer meel en botter gebruik vir ʼn dikker sous. Meng die room in die witsous in en kook nog ʼn bietjie af tot redelik dik.
  4. Meng lewer en witsous en dien op met roosterbrood of pasta.
  5. Bedien 2 tot 3 mense

Stuur vir ons jóú familieresep hier.


[Resep] Gestolde drielaagslaai

$
0
0

Foto: 50 Boerekos-geregte, Lapa-uitgewers

Hierdie slaai is perfek vir die lente wat vir ons loer!

Bestanddele

WORTELLAAG

  • 80 g (1 pakkie) lemoengeur-jelliepoeier
  • 250 ml kookwater
  • 250 ml fyngerasperde wortels

PYNAPPELLAAG

  • 80 g (1 pakkie) pynappelgeur-jelliepoeier
  • 250 ml kookwater
  • 410 g (1 blik) fyn pynappel, gedreineer
  • 250 ml gerasperde cheddarkaas
  • 250 g geroomde maaskaas

BEETLAAG

  • 80 g (1 pakkie) kersiegeur-jelliepoeier
  • 250 ml kookwater
  • 250 ml gerasperde gaar beet

Metode

  1. WORTELLAAG: Los die jellie op in die kookwater, voeg die wortel by en laat stol dit in ʼn ringvorm.
  2. PYNAPPELLAAG: Los die jellie op in die kookwater. Laat dit afkoel en voeg dan die pynappel, kaas en maaskaas by. Skep dit bo-op die gestolde wortellaag.
  3. BEETLAAG: Los die jellie op in die kookwater. Laat dit afkoel en voeg dan die beet by. Skep dit op die gestolde pynappellaag. Laat dit oornag in die yskas staan om heeltemal te stol.
  4. Keer die slaai op ʼn mooi bord uit en garneer dit met wortelrepies.

Bron: 50 Boerekos-geregte, Lapa-uitgewers

[Resep] Basaarpoeding

$
0
0

Basaarpoeding (Foto: Lapa-uitgewers)

Die verskillende kleure van die jellie laat mens dink aan die pragtige lenteblomme. Slaan hierdie resep bymekaar en vier sommer heel naweek lank die lente!

Bestanddele:

  • 2 x 80 g (2 pakkies) rooi jelliepoeier
  • 2 x 80 g (2 pakkies) groen jelliepoeier
  • 4 x 250 ml kookwater
  • 4 x 250 ml koue water
  • 6 x 80 g (6 pakkies) geel jelliepoeier
  • 6 x 250 ml kookwater
  • 2 x 380 g (2 blikke) ingedampte melk, verkoel
  • 2 x 385 g (2 blikke) kondensmelk
  • 2 x 410 g (2 blikke) vrugteslaai of fyn pynappel

Metode:

  1. Maak die rooi en groen jellie apart aan met 250 ml kookwater en 250 ml koue water per pakkie. Laat stol dit oornag.
  2. Meng die geel jellie met die kookwater en laat dit staan tot dit begin verdik.
  3. Klits die ingedampte melk styf en voeg die jellie en kondensmelk by. Vou die vrugte in.
  4. Sny die rooi en groen jellie in blokkies en vou dit versigtig in. Hou ʼn paar blokkies vir versiering bo-op. Laat die poeding in die yskas stol.

Bron: 50 Boerekos-geregte

UitgewerLapa

Pinotage en biltong by fees gevier

$
0
0

Foto: Verskaf

Pinotage-druiwe is welbekend vir die onoortreflike rooiwyn wat daarmee gemaak word, maar by die Pinotage-en-Biltongfees word dié eg Suid-Afrikaanse druifsoort in allerlei verskillende style gevier.

Die eerste Gauteng Pinotage-en-Biltongfees vind op 14 en 15 Oktober by die Leriba Hotel in Centurion plaas. Dit duur daagliks van 11:00 tot 17:00.

“Ons vier Pinotage in al sy glorie,” het Cobie van Oort, organiseerder van die fees, gesê. “Mense is gewoond aan die fantastiese rooi Pinotage wat in Suid-Afrika gemaak word, maar die ander wyne soos vonkelwyn, rosé, versnitte, soetwyne en selfs wit Pinotage is ook tydens die fees te proe én te koop vir diegene wat die ondervinding verder by die huis wil geniet.”

Verskeie soorte biltong, wat die Pinotage aanvul, sal ook beskikbaar wees. Feesgangers sal onder meer aan tradisionele biltong, blatjang-biltong, soetrissie-biltong, lemoen-spekbiltong en droëwors kan knibbel.

Altesaam 18 Suid-Afrikaanse wynkelders se wyne sal by die fees te proe wees. Deelnemende wynkelders sluit in Beyerskloof, Delheim, Flagstone, Lanzerac, L’Avenir, Perdeberg, Simonsvlei en Rhebokskloof.

Die fees bied ʼn lekker kuiergeleentheid vir die hele familie. Daar is plek om onder die bome langs die rivier te kuier, verskillende restaurante om by te eet, en ook minder formele kos om aan te smul. Die Swing Cats Duo sal rustige jazz speel om atmosfeer te skep, terwyl die kleinspan vermaak sal word in die Kinder-Zone, wat deur die Pebbles-projek en Montagu Dried Fruit and Nuts aangebied word.

Die drag vir die fees is pers en wit, en pryse sal uitgedeel word vir die beste, oulikste en prettigste kleredrag.

Kaartjies vir dié fees beloop R220 elk. Dit sluit ʼn wynglas en gratis wyn- en biltongproeë in. Kaartjies op die dag by die hek sal R250 per persoon kos.

Vir meer inligting, besoek  hul Facebook-blad hier.

WEN:

Een gelukkige leser staan die kans om ʼn dubbelkaartjie na die Gauteng Pinotage-en-Biltongfees op 15 Oktober, asook drie bottels splinternuwe Lanzerac Pinotage Rosé 2016 te wen. Stuur jou naam, van, kontaknommer en antwoord op die volgende vraag na kompetisies@maroelamedia.co.za: Wat is die kleredrag vir die fees? Die kompetisie sluit op 25 September om 12:00. Wenners word per e-pos in kennis gestel. Bepalings en voorwaardes geld.

Let asseblief op: Die kompetisie geld nie vir mense onder 18 nie. Die wyn moet by die fees by die Lanzerac-stalletjie afgehaal word.

[Video] Hap saam met Lochner: Jogurt-en-ment-sop

$
0
0

Lochner de Kock (Skermgreep uit die video)

Tyd vir sop is nog nie verby nie! Probeer gerus hierdie koue somersop.

Bestanddele:

  • 1 komkommer, gesny
  • knoffel
  • vinkel, fyn gesny
  • grasuie
  • ’n handvol babatamaties
  • mentblare
  • 1 houer geurlose volroomjogurt
  • sodawater
  • sout
  • peper
  • room

Metode:

  1. Sny komkommer in stukkies en plaas dit in ʼn mengbak.
  2. Sit knoffel, vinkel, grasuie, tamatie en ment by.
  3. Voeg jogurt by en roer.
  4. Meng alles saam met ʼn voedselprosesseerder.
  5. Bedien koud met ’n sprinkel sout en peper en room.

Sien gerus in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.

Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Sien al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. -Red

Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:

[This post contains video, click to play]

[Resep] Bruinrys en lensies

$
0
0

Foto: Verskaf

Het jy geweet dat bruinrys en lensies saam ’n volledige proteïen vorm? Dit is dus geen verrassing dat dit ’n gewilde kombinasie vir vegetariese etes is nie. Die neuterige smaak van die basmati-rys in hierdie resep is ekstra lekker met die speserye en vars bestanddele. Die rys en lensies word met komyn, kaneel en kruie geprut om dit nog meer geurig te maak. Geniet die resep as vleislose ete of berei dit selfs as bygereg as jy liewer ook ’n stukkie vleis daarby wil eet. Met die rysmengsel wat oorbly, kan jy die volgende dag ’n heerlike slaai maak om selfs in ’n kosblik te pak. Gebruik jou eie van vars slaaibestanddele en giet ʼn skeut olyfolie as slaaisous oor.

Resep aangepas uit Cooking from the Heart 1

Lewer 4 – 6 porsies

Bestanddele:

  • 10 ml (2 t) avokado- of olyfolie
  • 2 uie, gekap
  • 2 knoffelhuisies, fyn gekap
  • 2 wortels, gehalveer en in skyfies gesny
  • 2 selderystingels, in skyfies gesny
  • 5 ml (1 t) gemaalde komyn
  • 5 ml (1 t) gedroogde gemengde kruie
  • 1 lourierblaar
  • 1 kaneelstokkie
  • 250 ml (1 k) rou bruin lensies
  • 250 ml (1 k) rou bruin basmati-rys
  • 750 ml (3 k) water
  • 2,5 ml (½ t) sout
  • suurlemoensap en swartpeper na smaak
  • 30 ml (2 e) gekapte vars Italiaanse pietersielie of koljanderblare

Metode:

  1. Voorverhit olie in ’n kastrol (gebruik ’n AMC 20 cm High) en braai uie, knoffel, wortels en seldery vir ’n paar minute.
  2. Voeg komyn, gedroogde gemengde kruie, lourierblaar en kaneelstokkie met die lensies, rys, water en sout by.
  3. Bring oor matige hitte tot kookpunt, verlaag die hitte en prut met ’n deksel vir 30-40 minute of tot die rys en lensies gaar, maar nie pap is nie. Voeg nog 125 ml water by, indien nodig.
  4. Geur met suurlemoensap en peper en roer die kruie by. Sit warm voor of sien wenk.

Wenk

  1. ’n Slaai vir kosblikke: Laat die rys en lensies heeltemal afkoel en roer geblansjeerde groente, soos broccoli en groenboontjies by die mengsel. Roer repies rooi soetrissies met nog vars kruie by en sit as ’n slaai voor. Dit is perfek vir kosblikke. Voeg ook vars avokado en sade, soos sesam- of sonneblomsaad by, indien verkies.

Kyk elke Maandagoggend saam na #Kosblik, op Die Groot Ontbyt, op kykNet se kanaal 144 waar ek oor smullekker en maklike resepte gesels. Volg my op Facebook www.facebook.com/HeleenMeyerFood of besoek my webwerf www.heleenmeyer.co.za as jy dalk ’n vorige insetsel gemis het of na nog resepte opsoek is.

 

Viewing all 2085 articles
Browse latest View live